Nuusbrief/Blog


2016-10-08
Webwerf bou tuisbesigheidsgeleentheid


Jou webwerf, die internet en spesifieke vryskut werksgeleenthede in Suid-Afrika

Met die politieke onrus in Suid-Afrika by die universiteite is menige jong werksoeker en hul ouers heel waarskynlik raadop of bekommerd oor werksgeleenthede. Selfs al vang jy jou graad is jy nie noodwendig verseker van ’n werk nie. En vir die afsienbare toekoms gaan jou ras ‘n rol speel met jou kanse om ’n werk te kry. Die antwoord vir baie is om hul eie besigheid te begin. Selfs al besit jy reeds jou eie klein besigheid is dit belangrik dat jy die werking van webwerwe en soekenjins verstaan.

 

Hoekom het jy op hierdie artikel op die internet afgekom? Jy is heel waarskynlik ‘n werksoeker of iemand op soek na ‘n tuis besigheidsgeleentheid. Boonop het jy die internet soek in jou eie taal gedoen. Ons het vooruit gedink en hierdie artikel vir jou geskryf. Die artikel word uit die vuis uit geskryf want ons het reeds meer as 9 jaar se ondervinding met die bou van webwerwe en die bedryf van webwerf ontwerp as ‘n tuis besigheidsgeleentheid.

 

Die belangrikheid van ’n webwerf word bepaal deur die gehalte van die inligting wat daarop verskyn.

 

Die verkoop van inligting is ’n besigheid op sigself. Ons kan byvoorbeeld E Boeke oor die onderwerp van webwerf ontwerp en / of soekenjinoptimisasie skryf en dit hier op hierdie webwerf verkoop of op ander webwerwe. ‘n Mens klan slegs met outoriteit skryf oor onderwerpe waarvan jy self iets van weet. Die gratis inligting wat ons hier op die webwerf bied is die trekpleister wat jou hiernatoe gebring het . Die gratis inligting of trekpleister kan jou oorreed om dalk te betaal vir verdure inligting. Dit is vir ons maklik om oor hierdie internet werksgeleentheid te skryf want ons doen dit reeds nege jaar lank.

 

Of jy nou ’n tandarts is of ’n loodgieter is behoort jy jou eie webwerf te hê en op daardie webwerf moet jy jou eie en unieke inligting hê. Dit is die eerste belangrike stap vir enige besigheid wie ernstig is oor digitale bemarking. Jou webwerf moet ook definitief gekomplimenteer word met ’n gratis Google my business bladsy. Dit is van die werk wat ons doen en ons het geleenthede vir mense regoor Suid-Afrika om by ons aan te sluit en dieselfde te doen. Ons help mense met klein besighede om eerstens ’n suksesvolle webwerf daar te stel maar ook om ’n realistiese webwerf ontwikkelingsplan te hê sodat die webwerf vir hul klein besigheid werk en meer geld inbring as wat dit vir die besigheid kos.

 

Om meer uit vind oor die geleentheid van ’n webwerf konsultant klik hier en laat jou details…

 

Dit is moeiliker vir ’n Loodgieter as vir ’n Tandarts om goed te doen met hul webwerf op soekenjins bloot omrede daar soveel meer Loodgieters as Tandartse in Suid-Afrika is. En ons almal weet ‘n Tandarts word uitgesnuffel as die pyn van ‘n wortelkanaal druk, dikwels om uit te vind jy moet ‘n paar dae wag vir ’n afspraak.

 

Die wêreld van soekenins en soekenjinoptimisasie is ‘n uiterse logiese wêreld. Dit is nie vrygestel van die wette van vraag en aanbod nie. Indien jy die kans kan kry om medies te studeer en dit is jou begeerte doen dit beslis. Daar sal genoeg geld vir jou wees nadat jy gekwalifiseer het. (As geld jou motiveerder is kan jy dalk eerder kortpad vat en bankwese gaan studeer en dat jy dan ’n bankier kan word.)

 

Hierdie artikel en die werksgeleenthede wat ons hierin beskryf is gemik op die duisende jongmense wat nie die geleentheid het om voltyds te studeer nie. Dit is nie die einde van die wêreld nie. Dalk vind jy jou passie, dit wat vir jou regtig saak maak in die lewe hier en in hierdie beroep.

 

Kom ek deel gou ‘n foto van die uitsig van my kantoor hier by die huis van waar ek my beroep beoefen.

 

Dit is nie sleg nie is dit?

 

Die eerste beroep binne die webwerf bedryf wat ek wil bekend stel is die beroep van ’n skrywer. Dit kan eerder beter omskryf word as ‘n moontlike beroep in die digitale wêreld want jy kan byvoorbeeld ‘n skrywer wees vir ‘n digitale koerant of gewilde webwerf. Ons is tans betrokke by twee van ons eie toerisme webwerwe in Afrikaans naamlik een oor Simonstad en een oor die groter Krugerwildtuin. Dit is absoluut heerlik om betaal te word vir die skryf van stories oor hierdie mooie plekke in ons land. Die toerisme bedryf is uiters kompeterend op die internet. Met ons twee webwerwe ding ons mee met groot maatskappye wat baie mense in diens het, waarvan sommige profesionele voltydse skrywers is. Ons probeer wel die heeltyd anders en uniek te wees. So skryf ons in Afrikaans en fokus ons op spesifieke areas of onderwerpe. Dit is in elk geval lekkerder om iets te doen en te begin wat niemand anders doen nie. Die ouderdom van webwerwe is belangrik vir soekenjins so geduld is ’n voorvereiste as jy wil geld maak uit die verskaffing van inligting soos op byvoorbeeld ‘n toerisme webwerf.

 

Ander beroepe binne die digitale bedryf is die volgende:

 

  • Verkoopsverteenwoordigers ( Mense wat besig is met programmering en grafiese ontwerpe konsnetreer dikwels te hard om terselfdertyd goeie verkope en bemarking te kan doen. Dit is noodsaaklik in enige besigheid om verkope en bemarking te doen en dit is beslis nie anders as jy ‘n webwerf consultant wil word nie. Die persone wat die webwerf konsultasie bedryf die beste doen, doen dinge in vennootskap of assosiasie. Alternatiewelik kan jy mense in diens neem om sekere funksies te vervul. Die is die enigste maniere hoe klien besighede kan groei en floreer en selfs groei tot ‘n medium grootte besigheid)
  • Programeerders (Ons gebruik hulle in ons besigheid maar ons verstaan hulle nie eintlik nie so ek kan jou nie regtig vertel wat hulle doen nie.) Dit is nodig dat daar slim mense is wat die programme ontwerp en skryf wat ons gebruik om ons webwerf ontwerp besighede te bedryf. Danksy die harde werk van die verlede is daar kwaliteit sagteware waar ‘n webwerf amper van die rak af gekoop kan word. (Dit is die omgewing waar ons, onsself deesdae bevind.) Daar kan net soveel Bill Gates, Mark Shuttleworths en Zuckerberg’s in hierdie lewe wees. Hulle was en is programeerders. Die artikel is nie vir voornemende sagteware ingenieurs bedoel nie.
  • Grafiese ontwerpers Hierdie persone gebruik spesialis sagteware soos Photoshop, Coral Draw om ontwerpe te doen. Die sagteware is nie goedkoop nie en dit neem ure om dit te bemeester. Dit neem jare van praktiese ondervinding om ‘n goeie grafiese ontwerper te wees. Ons het binne ons organisasie spesialis grafiese ontwerpers wie ons help om asemrowende mooi werpe te lewer vir kliënte terwyl ons fokus op die inhoud van webwerwe en opleiding van ons kliënte om soekenjins te verstaan en ook om te verstaan hoe hom hul webwerf se inligting self op datum te kan hou.
  • Webwerf konsultante Wat webwerf konsultante doen het ek reeds in die vorige paragraaf beskryf. Die webwerf konsultant is ‘n besigheidseienaar in die kleine wie spesialiste kontrakteer soos Programeerders en Grafiese Ontwerpers. ’n Goeie konsultant kan met alle mense werk, kan self bemark of stel bemarkers aan wie voltyds verkope doen. Die webwerf besigheid is nie eintlik ’n besigheid waar jy moet probeer om alles self te wil doen nie. Ons maatskappy opset met ’n Hoofkantoor en sateliet Lisensiehouers is die ideale plek om ‘n klein besigheid of loopbaan binne die webwerf industrie te begin en uit te bou.
  • Google Advertensie Bestuurders Die kortste manier om op bladsy een van Google te verskyn is om deur van Google Advertensies gebruik te maak. Solank jou besigheid of produk winsgewend is en jou webwerf besoekers in kopers sal omskakel kan hierdie direkte advertering nie ignoreer word nie. Inteendeel kan jy vinnig geld maak! ’n Baie groot deel van tradisionele advertensie uitgawes word vandag wêreldwyd spandeer op Google Advertensies. Selfs top aanlyn publikasies verkoop deesdae dikwels snert advertensies om ook inkomste te genereer van die room van die digitale advertensie inkomste word deur soekenjins soos die reus Google gevat. Daar is ‘n mark vir persone om op te tree as Google Advertensie Bestuurders en kursusse / Google sertifisering word deur Google self aangebied. Hierdie advertensie bestuurders vra ‘n fooi om namens klein besighede hul Google advertensies te bestuur.

 

Suid Afrika brand en die rookwolke wat oor Universiteitskampusse hang voorspel niks goed vir die jeug van vandag en ook die oues wat moet staatmaak op die toekoms wat die jeug bou. Daar was nog nooit so ‘n belangrike tyd soos vandag om behoorlik te besin oor jou toekoms en die opsie van ’n vryskutwerker in die Internet bedryf nie of om jou eie besigheid te begin nie. Ons sal almal ons entrepreneursvere moet regskud.

 

Deel daarvan is om die internet en soekenjins te verstaan en om jou webwerf suksesvol te berdyf. ’n Ander deel is om te verstaan hoe om traksie binne jou kleine organisasie te berwerkstelling deur byvoorbeeld van die dienste van spesialiste gebruik te maak.

 

Indien jy belang stel om meer te weet maak gerus kontak deur epos of skakel ons. Ons help graag. Daar is ‘n plekkie in die son vir jou maak nie saak waar in Suid-Afrika jy jouself bevind nie. Elke organisasie het ’n webwerf nodig en veral ‘n mooi webwerf wat werk.


Terug Terug na bo