Ons is Suid Afrikaanse webwerf ontwerpers wat pasgemaakte webwerwe bou wat self deur die webwerf eienaar bestuur kan word. (Ons kan ook jou webwerf vir jou volledig bestuur insluitende Google advertensie bestuur.) Hier bou ons webwerwe in Afrikaans uit lojaliteit vir die Afrikaanse taal. (Ons bou al lankal webwerwe in Engels en selfs Frans.) Ons webwerf ontwerp en bestuur sagteware is uiters gebruikersvriendelik en selfs kinders kan leer hoe om hul eie webwerwe te bou. Ons doen dan ook groot moeite om aan u te verduidelik hoe werk soekenjins soos Google sodat u top resultate kan behaal met u bemarkingspogings op die internet.

Deur u webwerf in byvoorbeeld Afrikaans te bedryf kan u verseker wees dat u 'n spesifieke nismark sal teiken. Afrikaans as taal is besig om die val op Universiteite weens politieke inmenging. Ons glo en vertrou dat deur hierdie en ander webwerwe in Afrikaans te bedryf sal help verseker dat die gebruik van Afrikaans as taal in Suid-Afrika sterk sal gedy.



Terug Terug na bo