Suid-Afrikaanse Webwerfontwerpers se kort gids:

Jou webwerf en Internetbemarking vir klein en medium besighede

1. Inleiding

Elke groot of klein onderneming, die met winsbejag of die sonder winsbejag, benodig ’n webwerf. ’n Webwerf kan vir ondernemings meer besigheid inbring. Selfs besighede wie reeds “genoeg” kliënte het kan hul winsgewendheid verhoog deur meer winsgewende kliënte te verkry. ’n Volledige webwerf kan ondernemings en organisasies ook tyd bespaar deurdat personeel minder tyd hoef te spandeer om vrae van lede of van die publiek te beantwoord.

Suksesvolle organisasies sonder webwerwe is deesdae skaars maar wat onderskei ‘n suksesvolle webwerf van ’n nie-suksesvolle webwerf? Hoe kan ’n webwerf ontwerp en ontwikkel word sodat ’n organisasie suksesvol sal wees met hul internetbemarkingspogings?

Hierdie kort gids van Suid Afrikaanse Webwerfontwerpers beantwoord hierdie vrae. (’n Kort gids is gepas aangesien klein en medium besigheidseienaars se tyd beperk en kosbaar is.)

2. Keuse van diensverskaffers

Die eerste tree op die pad na sukses met jou webwerf is om die regte diensverskaffers te kies om jou te help om jou webwerf te ontwikkel. Veral in die webwerfontwerpers bedryf is daar talle ondernemings vandag hier wat oor ‘n jaar of wat nie meer sal bestaan nie. Dit is vandag taamlik goedkoop om ‘n besigheid as ‘n webwerfontwerper te begin – sien ons gids oor ons tuisbesigheidsgeleentheid vir meer inligting.

Vrae wat aan voornemende diensverskaffers behoort gevra te word sluit in:

  • Hoe lank is julle al in bedryf?
  • Kan julle vir my voorbeelde wys van suksesvolle webwerwe?
  • Het julle ’n Nasionale Hoofkantoor?
  • Wat gebeur van my as kliënt indien iets julle gebeur? (Meeste webwerfontwerpers werk of alleen of in klein vennootskappe bv man en vrou)
  • Wat is die aanvanklike kostes en die maandelikse kostes?
  • Kan ek maklik self die inhoud van my webwerf bestuur?

Soos u in die res van hierdie gids sal sien is die antwoorde nie kompleks nie. Die antwoorde behoort altyd eenvoudig en logies te wees.

3. Kort antwoord van die kort gids

Hoe kort hierdie kort gids uiteindelik gaan wees weet ons nie. Daarom vir die baie haastige persoon hier is ons kort antwoord oor wat onderskei ’n suksesvolle webwerf van ’n minder suksesvolle webwerf.

Webwerwe wat die beste doen in soektogte deur soekenjins soos Google het gewoonlik die volgende in gemeen:

  • Die webwerwe beskik oor die beste inligting oor ’n gegewe onderwerp, diens of produk.(Die webwerwe is bietjie ouer as nuwer webwerwe wat dalk beter inligting kan bevat.)
  • Die kwaliteit van die inligting of die webwerwe en die tyd investeer in die ontwikkeling van die webwerwe beteken ook gewoonlik dat ander webwerwe skakels daarheen het. (Kwaliteit webwerwe wat skakel na jou webwerf is ‘n groot plus in die algoritmes van soekenjins.)
  • Die basiese dinge is reg gedoen

Bemarking deur Soekenjinoptimisasie is een manier hoe om jou webwerf te bemark. Indien jy ’n nuwe onderneming in ’n baie kompeterende mark is moenie moed verloor nie maar moet ook nie onrealisties wees nie. Daar is natuurlik dan ook ander maniere as deur Soekenjins om jou webwerf te bemark deur soos met plaaslike koerante te gesels, die uitneem van tradisionele advertensies in die drukmedia of die gebruik van pamflette en besigheidskaartjies.

4. Leer by die besigheidsafrigter

Besigheidsafrigters in Suid-Afrika het amper ’n nuwe modegier geword maar selfs die Spingbokspan het ’n afrigter so dalk is ’n goeie besigheidsafrigter nie ’n slegte idée vir ’n klein of medium onderneming wat wil groei nie.

Vir baie jong mense (en ouer mense) in Suid-Afrika lê die toekoms in die bedryf van jou eie sakeonderneming maar entrepreneurskap en goeie besigheidsbeginsels is nie altyd deel van die kurrikulum van universiteite nie.

Die eenvoudigste en belangrikste boodskap wat besigheidsafrigters gewoonlik by klein en medium sake eienaars wil tuisbring is die volgende:

Enige besigheid vereis verskeie funksies soos verkope,produksie en of dienslewering, administrasie, personeelbestuur en bemarking. Bitter min goeie sakemanne wat hul besighede groei verrig al hierdie funksies hulself maar stel of werknemers of kontrakteurs aan om die werk te verrig.

Die direkteur van ‘n besigheid is verantwoordelik vir die samestelling van sy bestuurspan. Jou keuse van Ouditeur, Prokureur en Webwerfontwerper is belangrike keuses wat gemaak moet word.

Die uiteindelike doelwit van ’n besigheidsafrigter is om die besigheidseienaar te leer om buite sy onderneming of bo op die onderneming te werk en nie self binne die onderneming te werk nie. Selfs al is jy as ’n gekwalifiseerde rekenmeester in staat om self jou boeke te doen is dit nodig dat daardie funksies mettertyd deur personeel behartig word sodat jy jou kan toespits op die uitvoering van die Direksie funksie van die onderneming wat beplanning en strategie formulering behels.

Die gids gaan oor webwerwe wat ’n bemarkings- en verkoopsfunksie binne jou onderneming moet verrig. Sonder bemarking sal daar nie groei in verkope wees nie en sal jou onderneming nie groei nie.

Dit is ook belangrik om te verstaan dat jou besigheid, produk of diens in die eerste plek ’n bestaansreg / goeie besigheidsaak moet hê alvorens tyd en geld daarop bestee word. Geen webwerf kan vir jou besigheid daardie bestaansreg skep nie.

Met die agtergrond in gedagte behoort daar ’n duidelike verstandhouding wees van die verdeling van funksies wanneer dit kom by die skep, ontwikkel en bedryf van die maatskappy webwerf. Dit is daarom eerstens nodig dat jy, die direkteur, die wêreld van webwerwe en soekenjins voldoende verstaan.

5. Hoe werk Soekenjins?

Ons het reeds 'n afdeling op hierdie webwerf wat daardie onderwerp dek. 

Hierdie kort video van Google verduidelik die onderwerp baie goed. (Let wel dat Google advertensies nie meer aan die regterkant van soekresultate verskyn nie.) Kyk gerus 'n paar keer na hierdie video want dit verduidelik die werking van soekenjins baie goed.

Ons afdeling van hoe Soekenjins werk is grootliks gebaseer op hierdie video.

Voor u verder hierdie gids lees , lees asseblief ons afdeling van hoe Soekenjins werk hier.

Terug Terug na bo