Suid-Afrikaanse Webwerf ontwerpers bied 'n uitsonderlike tuis besigheids geleentheid vir alle Suid-Afrikaners.

Die bou van webwerwe vir klein Suid Afrikaanse besighede en organisasies is die ideale tuis besigheids werksgeleentheid. Elke organisasie en of besigheid het 'n webwerf nodig. Nie net kan dit nuwe besigheid inbring vir 'n besigheid of verhoog dit die publieke aansien van 'n onderneming nie maar 'n reg ontwerpte webwerf kan ook baie tyd bespaar vir besigheidseienaars.

Wat het u nodig vir hierdie tuis besigheid?

'n Skootrekenaar of tablet waarmee u demonstrasies vir kliënte kan doen of mee opleiding kan verskaf is beter as 'n staan rekenaar.

Wat is die kostes?

Voordat u, u eie kode kry kry u geleentheid om hierdie sakegeleentheid op die proef te stel. Ons help u met die opstel, ontwerp en opleiding van u eerste 3 kliënte en deel die aanvanklike fooie met u op 'n 50/50 basis. Hierdie opleidingsperiode kan na u behoefte verleng word al dan nie.

Ons stel eerstens daarin belang dat u in staat is om bemarking te doen. Ons het nie 'n groot behoefte aan tegniese kundiges nie aangesien al die tegniese dienste reeds inhuis beskikbaar is. U sal wel geleer word hoe werk soekenjins en hoe om die inhoud van webwerwe op te dateer. 

Daarna kry u, u eie kode en kan u benewens die opstel fooie ook deel in die maandelikse uitsaai fooie wat kliënte maandeliks betaal. U ontvang maandeliks R72,50 van die maandelikse fooi van R150 wat kliënte betaal. Hierdie besigheid is dus die ideale manier om 'n semi passiewe inkomste op te bou.

Na die aanvanklike opleiding ontvang u die volle opstel en opleidingsfooi en ons deel slegs in die maandelikse uitsaai fooie.

Daar word wel van u verwag on ten minste een webwerf per maand te verkoop en van u verwag om gedurende normale werksure telefoonoproepe en navrae van u kliënte te kan hanteer.

Nog onseker ?

Voorbeelde van Suid-Afrikaanse webwerf ontwerpers (tuis besighede wat ons sagteware gebruik) is die volgende:

www.buddywebdesign.co.za

www.butterbee.co.za

www.sureweb.co.za

Laasgenoemde besigheid doen die meeste van ons ontwerpe namens ons vir ons kliënte. Ons fokus om 'n groot aantal kliënte aanlyn te kry met professionele ontwerpe en nie om ten duurste geld te probeer maak uit een of twee kliënte nie. Ons tipiese kliënte is gastehuise, loodgieters, tandartse, restaurante, kleinhandel winkels, elektrisiëns, skole, sportklubs en kunstenaars.

Ons doen nie webwerp ontwerp vir groot korporatiewe instellings nie. Ons mark is baie groot en die mense binne ons netwerk van Suid-Afrikaanse Webwerf ontwerpers verwelkom graag nuwelinge en help graag. 

Terug Terug na bo