Hoe bied ons, ons webwerf ontwerp dienste so suksesvol en steeds baie goedkoop of bekostigbaar? Ons is deel van 'n groep toonaangewende Suid-Afrikaanse webwerfontwerpers netwerk wat Suid-Afrikaanse ontwikkelde sagteware van Kwikwap gebruik. Kliente wat ons sagteware gebruik en ons raad volg kry top resultate op Soekenjins. Hierdie afdeling verduidelik hoe werk soekenjins en wat u te doen staan om u webwerf suksesvol dmv soekenjins te bemark. (U webwerf kan op ander maniere as soekenjins bemark word maar die afdeling handel met Soekenjin Optimisasie of SEO.

Soekenjins is webwerwe soos Google, Yahoo en Bing wat deur mense gebruik word wanneer daar na produkte of dienste gesoek word. Hierdie webwerwe bou 'n indeks van webwerwe op die internet deurdat hul sagteware webwerwe waarvan hulle bewus is ontleed. Die programme volg dan die skakels op hierdie webwerwe en doen dan dieselfde met daardie webwerwe. (Nuwe webwerwe met geen skakels van ander webwerwe moet dus in die eerste plek vir soekenjins van hulle bestaan vertel. Ons doen dit vir ons kliënte deur 'n webwerf kaart aan soekenjins te verskaf sodat ons kliënte se webwerwe aanvanklik deur soekenjins geindeks kan word.)

Die studie van die werking van soekenjins en die bestuur van jou webwerf daarvolgens word genoem soekenjin optimisasie of SEO in kort.

Daar is baie faktore wat soekenjins in ag neem. Hierdie dokument poog om vir ons besige kliënte 'n bondige opsomming te gee van die belangrikste faktore.

Tegniese struktuur

Die tegniese struktuur van jou webwerf is belangrik.Ons span tegniese deskundiges bedien reeds meer as 6,000 Suid-Afrikaanse webwerf kliënte wat dieselfde aanlyn sagteware gebruik en dus hoef individuele kliënte hulle nie oor die tegniese struktuur van hul webwerf te bekommer nie. Die sukses van ons kliënte se webwerwe hang af van die moeite wat hulle doen met hul volgehoue webwerf teks ontwikkeling nadat ons hul met die basiese implementering van 'n webwerf gelei het. Tradisionele webwerf programmeerders doen hierdie struktuur ontwikkeling op 'n individuele basis vir hul kliënte wat dikwels beteken dat 'n webwerf 'n arm, plaas en been kos.

Die indekse van soekenjins

Wanneer iemand die webwerf van 'n soekenjin besoek en 'n soek doen dan sal daardie soekenjin resultate vertoon van webwerwe wat reeds binne sy indeks is en nie die hele wye wêreld web (www) nie. Dit volg dus dat dit bitter belangrik is dat u nuwe webwerf saam met 'n kaart van die webwerf aan die soekenjins voorgehou word. Soekenjins sal nie noodwendig alle bladsye van u webwerf opneem in sy indeks nie maar slegs daardie bladsye wat voldoen aan die soekenjins se kwaliteits standaarde.

Webwerwe se bladsye sal byvoorbeeld ignoreer of verwerp word wat:

  • Inhoud bevat wat gekopieer is van ander webwerwe. Soekenjins hou nie van plagiaat nie maar soek jou eie , unieke en oorspronklike inhoud.
  • Waar produkte of dienste nie 'n behoorlike beskrywing bevat nie maar dalk net een sin of waar daar gepoog word om soekenjins te fnuik deur bloot 'n klomp sleutelwoorde in te prop

Gebruik die regte woorde op jou webwerf

Indien u 'n loodgieter in Kaapstad is moet u webwerf daardie inligting bevat. Byvoorbeeld : "Ons is Loodgieters wat Loodgieters dienste bied aan inwoners en besighede van Kaapstad ."

Nog beter dalk: "Ons is die beste Loodgieters wat kwaliteit dog goedkoop of bekostigbare Loodgieters dienste bied."

Jou webwerf is nie die plek om skaam of nederig te wees nie. Sê wat jy doen, waar jy dit doen en wat jou onderskei van die res. Niemand anders gaan dit sommer vir jou doen op die www nie.

Maak seker jou belangrikste inligting word maklik gevind

Jou tuis bladsy en meer oor ons bladsy behoort die belangrikste inligting te bevat en behoort vinnig tot die punt te kom. In hierdie eerste paragrawe moet u vertel wat u doen en waar u dit doen en nie vertel van u geboorte tot u huidige missie en doel in die lewe nie. Behalwe dat u die regte woorde moet gebruik moet u dit doen op die belangrikste plekke waar die inligting maklik deur soekenjins gevind kan word.

OP Webwerf- / AF Webwerf SEO

Die voorafgaande paragrawe het meesal te doen met dinge wat jy op jou webwerf kan doen om jou soekresultate op soekenjins (SEO) te kan verbeter. In die wêreld van SEO word daar onderskei tussen OP Webwerf SEO en AF Webwerf SEO. AF Webwerf SEO is net so belangrik, indien nie meer as OP Webwerf SEO nie. Wanneer soekenjins besluit hoe belangrik is 'n webwerf op die internet sal hulle kyk na hoeveel eksterne webwerwe het skakels na die webwerf. Wanneer ander webwerwe dus na jou skakel is dit in effek 'n regmerkie in die oë van soekenjins. Hoe meer kwaliteit skakels na jou webwerf, hoe hoër die aansien van jou webwerf volgens soekenjins. Daar was veral in die verlede pogings om hierdie metode van soekenjins te misbruik deurdat webwerf eienaars vir hulle 'n klomp lae klas skakels na hulle webwerwe gekoop het. Soekenjins raak al hoe slimmer en penaliseer sulke webwerwe met 'n onnatuurlike hoeveelheid lae kwaliteit skakels. Soms sal 'n webwerf wat hom op een dag in die voorste posisie vind hom die volgende dag in geheel verwyderd van die indeks vind indien die webwerf sulke tegnieke, genoem Swart Hoed tegnieke gebruik. 

Terug Terug na bo